e-FINESSE – jou voelgoed tydskrif in digitale formaat
’n Tydskrif is jou vriendin. Die internet jou virtuele wêreld. Tydskrifte bekoor en die internet daag jou uit …
Dit is hoekom jou gunsteling tydskrif, Finesse, vanaf die Desember-uitgawe ook aanlyn
beskikbaar is. So, skuif voor jou rekenaar in, kliek op www.e-finesse.co.za en verlustig jou in die virtuele bladsye van jou voelgoed tydskrif. Dis amper asof jy dit in jou hand vashou, advertensies en al!
Met hierdie digitale formaat kan ons die voelgoed vir méér mense gee, aangesien dit die perfekte oplossing is vir almal wat vinnig leef. En dit is spesiaal vir jou vriendin, sussie of dogter wat in vreemde lande woon en smag na inspirasie in Afrikaans.
Maar as jy verlief is op die reuk van ’n nuwe tydskrif en graag die papier onder jou vingers wil voel, wees gerus! Finesse sal nog steeds elke maand gedruk word.
Kliek op www.e-finesse.co.za en betaal slegs R16,17 per uitgawe as jy inteken.