’n Leier met ’n hart, maar ook taai en charismaties. Dis Helen Zille – die FINESSE Inspirasie Vrou 2011. Hierdie gesogte titel is toegeken tydens die FINESSE Inspirasie Vrou spoggeleentheid by die Sheraton Pretoria Hotel op 30 Junie. Kort op haar hakke is die naaswenners, Lindie Strydom en Carike Keuzenkamp.
FINESSE-lesers kon kies uit ’n groep van tien formidabele Suid-Afrikaanse vroue. Pragfoto’s van die top 10 kandidate verskyn in die Augustus-uitgawe van FINESSE. Daarmee saam is ’n artikel waar hulle almal die geleentheid kry om die een storie te deel wat hulle sal vertel indien hulle die wêreld se aandag het vir 5 minute. Elkeen van die top 10 kandidate het ’n merkwaardige, inspirerende en dikwels hartroerende verhaal om te vertel, wat duidelik in die artikel na vore kom.
KLIEK HIER VIR MEER FOTO’S VAN DIE SPOGGELEENTHEID
FINESSE bied ook ’n spesiale uitgawe in Augustus aan waar die tydskrif met drie verskillende voorblaaie spog. Die wenner van FINESSE Inspirasie Vrou 2011 verskyn op ’n voorblad en die naaswenners op die ander twee. Daar word 30 500 elk van die verskillende tydskrifte in die mark versprei, wat vanaf 11 Julie 2011 te koop sal wees. Dit is beslis ʼn eerste in Suid-Afrika.
Lesers kry ook die geleentheid om R10 000 kontant en pryse van Revlon te wen, wanneer hulle twee of al drie uitgawes koop.
Vir verdere inligting kontak:
Maritza van der Merwe
Bemarking Koördineerder, FINESSE-Tydskrif
Tel: 016 982 3617
Faks: 016 982 3618
E-pos: maritza@carpediem.co.za
