Vrouwees word elke jaar gedurende Augustus gevier en daarom bied FINESSE is spesiale uitgawe waar die tydskrif met drie verskillende voorblaaie spog. Dis ’n eerste in Suid-Afrika!
Die wenner van FINESSE Inspirasie Vrou 2011, Helen Zille, verskyn op een voorblad en die naaswenners, Lindie Strydom en Carike Keuzenkamp, op die ander twee.
Dié gesogte titel is toegeken tydens die FINESSE Inspirasie Vrou spoggeleentheid by die Sheraton Hotel in Pretoria op 30 Junie.
FINESSE-lesers kon ’n wenner kies uit ’n groep van tien formidabele Suid-Afrikaanse vroue. Pragfoto’s van die top 10 kandidate verskyn in die Augustus-uitgawe van FINESSE, saam met ’n artikel wat handel oor die struikelblokke, oorwinnings en persoonlike ervarings wat elkeen van hierdie vroue in hul eie lewens beleef het en die dinge waarmee hulle hulself tans besig hou.
Daar word 30 500 elk van die verskillende voorblaaie in die mark versprei, wat sedert 11 Julie 2011 te koop is.
As dit jou droom is om hierdie vroue van nader te leer ken, blaai gerus na bladsy 25. Jy kan ook R10 000 wen! Koop twee of al drie uitgawes, blaai na bladsy 34. En SMS jou antwoord na 33788!
