Van ’n klein begin tot groot inspirasie
Carpe Diem Media het in 1996 in ’n klein stoorkamertjie in Vereeniging begin. Die droom is gebore om ’n nuwe uitgewery te begin wat boeke publiseer wat mense se lewens en geloof sal verryk.
Die skakering van vrouwees deur Elise Grey was die eerste boek wat die uitgewer, Coenie Schoeman, in Oktober 1996 gepubliseer het. Die tydskrif Finesse het in Mei 1998 die lig gesien en dit is vandag een van die topdrie vrouetydskrifte in die land.Vandag gaan die uitgewery van krag tot krag, omdat ons op datum bly met wat die mark verwag. Ons dink nuut en ons media inspireer mense se liggaam, siel en gees.
Carpe diem beteken “gryp die dag” en dit is presies wat ons doen: Ons is ’n uitgewer wat die beste maak van elke geleentheid om mense se harte, denke en lewens aan te raak en te verander. Carpe Diem Media: jou inspirasie uitgewer.
• BOEKE
Carpe Diem Media het oor die jare talle topverkoperboeke gepubliseer. Isak Burger se boeke oor die dood het meer as 140 000 kopieë verkoop en is steeds in aanvraag. Boeke soos Hettie Brittz se Kweek kinders met karakter en Kweek gesonde gesag, Maretha Maartens se Ruitevrou, Susan Coetzer se Oros vir die siel, Gretha Wiid se seksopvoeding-boekies en Natasha Sutherland se Bittersoet, is almal boeke wat grense verskuif en lewens verander.
• TYDSKRIFTE
Finesse – jou voelgoed tydskrif
Finesse is ’n tydskrif vir die moderne vrou en gee om vir wie sy is en nie net hoe sy lyk nie. Vir die Finesse vrou is haar mense, haar lyf, haar gees, haar sukses en haar huis, ewe belangrik. Sy glo daarin om die beste te wees wat sy kan wees.
Soul – Be inspired
Soul is ’n vinnig groeiende leefstyl-tydskrif wat sielvolle vroue se lewens verfris, verryk en inspireer. Moderne, ambisieuse vroue se liggaam, siel en gedagtes word gevoed deur artikels oor elke aspek van die lewe.
• WEBWERWE
www.voelgoed.co.za
Hiér laat ons goed lyk, goed leef, goed voel en goed doen, maklik lyk. Met daaglikse nuwe stories, video’s, celeb tips, raad van kenners en inspirasie, is hierdie dié aanlyn kuierplek vir vroue.
www.voelgoedwinkel.co.za
Jou aanlyn-winkel vir die beste winskopies (alle boeke is 20% afgemerk) en vinnige vind en bestel van produkte.