FINESSE redakteurskeuse (Julie)

Alles wat Jesus ooit gesê het oor jou, jou lewe en jou geloof

Die titel van dié boek sê dadelik: dit is nie ’n boek
wat ’n mens in een leessessie klaar kan lees nie.
Dit is bedoel om jou metgesel te wees vir ’n leeftyd.
Jesus het oor so ’n groot verskeidenheid temas gepraat dat jy in elke fase van  jou lewe en vir elke behoefte iets sal vind.

Soms sal jy na ’n antwoord op ’n spesifieke vraag soek en dan sal Jesus se woorde oor daardie tema die antwoord voorsien. Ander kere kan jy langer worstel met ’n vraagstuk en sal ’n diepgaande studie van die toepaslike tema jou geloof versterk. Jy as individu of julle as groep kan hierdie boek op twee maniere benut: as vinnige naslaanbron en as handboek vir tematiese Bybelstudie.

Kliek hier om die boek te koop. Omdat dit die Finesse se redakteurskeuse van die maand is, kan jy die boek teen 50% afslag aankoop!