Argiewe vir 2010/06

[2010/06/30 | Geen Kommentaar | ]

Ons het gister ons laaste dag van die toer in Londen afgesluit. Ons was die dag vry, en elkeen van ons kon op ons eie gaan doen net wat ons wou. Die afgelope twee weke het dit vinnig gegaan, en ons was dikwels van vroeg tot laat by een of ander interessante plek. Trouens, ons het 5000 km deur Europa gery in die afgelope 12 dae. So ek en Lottie het gister in die eerste plek net so ’n rapsie ... lees meer >>

[2010/06/29 | Geen Kommentaar | ]
Die grote (of grootse) Parys

Parys is ’n ontsaglike groot stad, met geboue met die pragtigste argitektuur. Ons het die heel eerste dag sommer net deur die stad gery. Die aand se kant het ons op ’n boot op die Seine rivier gevaar. Later het ons na die Eifeltoring gegaan. Tien-uur die aand het die liggies van die Eifeltoring aangegaan, maar dit was nog steeds helder lig in die stad (dit word mos eers baie laat donker hier). Later het dit wel ’n klein bietjie ... lees meer >>

[2010/06/28 | 1 Kommentaar | ]
Switserse volksmusiek

(Ek is jammer ek was twee dae van die lug af, maar tegnici het aan die webtuiste gewerk) Ons is nou in die mooie Parys met sy ryke tradisie. Maar ek sal later oor Parys skryf. Ek wil nog eers iets oor Luzern vertel. Die laaste middag toe ons daar was, het ons in ’n restaurant gaan eet. Ons het tipiese Switserse kos gekry, terwyl ons na Switserse volksmusiek geluister het. Die kunstenaars was in hulle volksdrag geklee, en hulle musiekinstrumente ... lees meer >>

[2010/06/25 | 2 Kommentaar | ]
Hoog op die berg!

Wel, dit voel nou reeds afgesaag om woorde soos ‘asemrowend’ of ‘onbeskryflik mooi’ te gebruik vir dit wat ons sien. Eintlik het mens nie woorde om te vertel wat ons beleef nie. Ons is vandag na Mount Stanserhorn net buite Luzern. Hierdie berg is 6300 vt hoog. So ’n klompie jare gelede is ek en Lottie na die Pilatusberg nie ver hiervandaan nie. Laasgenoemde berg is 7000 vt hoog, maar hulle is tans daar besig met konstruksiewerk, en daarom dat ... lees meer >>

[2010/06/24 | 6 Kommentaar | ]
Sneeu op die Alpe!

Vandag het ons van Firenze in Italië verby Milano na Switserland toe gery. Toe ons oor die grens in Switserland is, was die natuurskoon absoluut onbeskryflik mooi. Ons het verby die meer Como gery, en almal in die bus het net ge-oeee en ge-aaaaa toe hulle sien hoe mooi alles is. Omdat die Alpe so hoog is, is daar talle brûe en tonnels. Ons het vandag deur talle tonnels gery wat kilometers lank was. Maar ons het besluit om nie ... lees meer >>