Inskrywings gemerk as : opstanding

[2010/06/20 | Geen Kommentaar | ]

Ons het gisteraand die Passiespele in Oberammergau gaan kyk. Daar was meer as 4000 mense van oor die wêreld heen. Ek het hope Suid-Afrikaners raakgeloop. Die dorpie Oberammergau is met een woord pragtig. Die mure van die huise in die strate is so mooi versier met allerhande tonele. Verder hang daar ook die mooiste blombakke met blomme uit by al die vensters. Ook die omgewing is pragtig. Alles is so heldergroen, en oral is daar water en mere. Dit lyk ... lees meer >>

[2010/05/16 | 8 Kommentaar | ]

Ek het Woensdagaand ’n debat gaan bywoon by die Universiteit van Pretoria oor die opstanding van Jesus Christus. Die debat was tussen twee Amerikaanse professore (Prof. William Lane Craig en Prof. Michael Licona) aan die een kant, en twee ander Suid-Afrikaanse professore van die Nuwe Hervorming aan die ander kant. Die Musaion by die universiteit waar dit gehou is, was stampvol, trouens mense het selfs buitekant na ‘n lewendige uitsending daarvan op ’n TV-skerm kyk. Ek dink die Nuwe Hervormers ... lees meer >>

[2010/04/04 | Geen Kommentaar | ]
“Jesus het opgestaan”

Ek is so bly dat die inskrywing wat ek gister op my blog gemaak het, nie daar hoef te bly nie. Daar het toe iets ná die Saterdag gebeur: Christus het uit die dood opgestaan!!! Ja, Hy het waarlik opgertaan!

Dit is hierdie feit naamlik dat Jesus die dood oorwin het, wat maak dat ek altyd met hoop sal leef. Soos ek nou hier sit en tik, is ek baie baie bekommerd. Ek is bekommerd oor ons land omdat onder andere ... lees meer >>

[2010/03/16 | 2 Kommentaar | ]
Sanger se lyk verdwyn

Die media het gister berig dat die sanger James Brown se lyk uit ’n grafkelder in Los Angeles verdwyn het. James is op Kersdag in 2006 oorlede, en sedertdien is sy lyk by sy dogter se huis gehou terwyl ’n openbare mausoleum voorberei word. Daar word ook bespiegel dat sy lyk verdwyn het om te voorkom dat ’n nadoodse ondersoek gedoen word om die ware oorsaak van sy dood vas te stel.

Die feit dat James Brown se graf leeg is, ... lees meer >>

[2009/04/12 | Geen Kommentaar | ]

Mense is bang om in God se teenwoordigheid te wees. Toe God in die Tuin van Eden wandel, het Adam en Eva gaan wegkruip tussen die bome en plante (Genesis 3:8). Toe Jesus die besetene van Gerasa genees het, het die mense van die dorp daarop aangedring dat Jesus uit hulle gebied moet weggaan (Markus 4:17). Toe Petrus sien watter groot wonderwerk Jesus gedoen het, het hy uitgeroep: “Gaan weg van my af, Here, want ek is ’n ... lees meer >>