Inskrywings gemerk as : respek
Die Britse polisie soek na ’n vrou wat as die “walglikste mens” in Brittanje bestempel is. Sy het op ’n oorlogsgedenkteken ge-urineer. Onder die mense wat ’n “on-erewag vir haar gevorm het by die hof, is onder andere ’n voormalige marinier en een van die min mense wat die D-dag-landings in Frankryk in die Tweede Wêreldoorlog oorleef het.
Iets wat ek nooit kan begryp nie, is dat sommige mense ’n behae daaruit skep om te onteer dit wat vir ander mense ... lees meer >>
Ek dink regtig ons joernalistiek het ’n laagtepunt bereik. Die afgelope naweek was daar allerhande stories oor ’n kondoom wat by Eugene Terre’Blanche se lyk gevind is, dan weer dat die moontlikheid ondersoek word dat hy dalk jeugdiges verkrag het, of dat hy deur ander verkrag is. Ag nee, sies, dis uiters vlak. Eugene was nou nie my held nie, maar hy is wel die pa van ’n dogter, en hy het ’n vrou en familie wat wel vir hom ... lees meer >>
President Zuma het vandag die ANC gewaarsku oor swak dissipline binne die party. Hy het verder ook gesê dat die ANC Jeugliga nie genoeg respek betoon teenoor hulle senior leiers nie.
Ek het lank laas vir ’n slag saamgestem met Zuma. Ek dink nie die ANC besef ten volle hoe ondermynend lede van die ANC se Jeugliga is vir die jongmense in ons land nie. Wanneer leiers van die jeugliga (soos koerante beweer) nie respek betoon vir die land se wette ... lees meer >>
Enkele weke gelede is vier personeellede van Waterkloof Hoërskool geskors op grond van beweerde finansiële ongerymdhede. Nou lees ek dat een van die vier in ’n tugverhoor onskuldig bevind is. Die betrokke vrou mag haar werk weer voortsit.
Toe ek hierdie berig gelees het, het my hart uitgegaan na hierdie vrou wat nou onskuldig bevind is. My hart bloei vir haar. Ek het dadelik gewonder hoe sou ek gevoel het as dit met my moes gebeur het. Die een dag lees ... lees meer >>
Verlede week is Bernadine Kruger op haar bromponie op pad skool toe, deur ’n taxi doodgery. Dit het hier naby my huis gebeur. Die koerante sê dat die taxibestuurder vir haar bly toet het, en later haar omgery en toe bo-oor haar gery het. Ek moet erken: dit het die woede by my laat opbruis. Ek is kwaad omdat dit duidelik is dat daar geen respek in ons land is vir menselewens nie. Dit is ook hoekom ons ... lees meer >>




Posts