TEKEN AAN
E-pos adres

Wagwoord vergeet?
Wagwoord
  Onthou my  
TUIS
ONS SKRYWERS
NUUSMAKERS
RESENSIES
KONTAK ONS
WAT'S NUUS
KIES JOU TAAL
SOEK
 
 


REGISTREER
HULP MET
  •  registrasie
  •  aankope
  •  

    SKRYF IN
    op ons nuusbrief
    E-pos adres


        PRODUKTE
     

    Ons aanvaar

     
    Tuis Bittersoet – met gratis CD

    Bittersoet – met gratis CD
    In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van ’n enkelvrou oor haar aanbeweeg van “Gebreek”, na “Verbind” tot om “Bevry” te wees.

    Natasha Sutherland
    212x137
    sagteband
    9781770311619 (ISBN)


      

    WinkelprysR 145.95
    AanlynprysR 117.00
    Spesiale prysR 44.00
    Hoeveelheid
    Hoeveelheid
    *Subscription renewal:


    Na die reuse sukses van Natasha Sutherland se eerste boek, Bittersoet, is daar nóg goeie nuus! Dié boek kry nou ’n vierde deel by met 8 splinternuwe hoofstukke....

    Die verrassing? Dit is in Natasha eie stem opgeneem op ’n oudio CD! Sit dié CD in jou kar-radio terwyl jy in verkeer vassit of in jou CD-speler terwyl jy kos maak; en luister na haar nuwe sielsreise.

    Verraai.
        Verneuk.
                Verrinneweer.

    Dis wat met Natasha Sutherland gebeur het.


    WAT SOU JY GEDOEN HET AS …

    Jou man ontrou aan jou was voor, tydens en na julle troudag?
    Jou man se affairs hoofopskrifte in die koerante is?
    Jy moet skei en probeer om jou seuntjies soveel as moontlik te beskerm?
    Jy moet trek uit jou droomhuis om iewers anders oor te begin?
    Jou hart gebreek is deur die een man vir wie jy werklik lief was?

    Natasha Sutherland het ’n hele klomp dinge gedoen …

    Stilgeword
    Baie gehuil
    Trooskos geëet
    Haar twee seuns gekoester
    Haar omring met vriende
    Elke dag net aangegaan
    Met kenners gaan praat
    Hulp gevra
    Gebid
    Gedans

    EN GESKRYF …

    Wát sy geskryf het, kan jy nou lees in haar debuut inspirasieboek

    BITTERSOET

    Natasha Sutherland was die sprokiesprinses wat met haar droomprins, ’n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en ’n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles, want die bubble van haar lewe het ten aanskou van die hele land gebars. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat gevolg het.

    Wat min mense weet, is dat Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis geskryf het. Dis die essays wat jy nou in BOEKFORMAAT in jou hande kan vashou – grepe uit ’n splinternuwe enkelvrou se belydenisse oor haar aanbeweeg van “Gebroke”, na “Verbind” om uiteindelik by “Verlos” te kom.


    In die drie dele kan jy lees oor ...
    • Mans en liefde
    • Die huwelik en seks
    • Vroue en vriendskap
    • Affairs en ontrouheid
    • Kinders en egskeiding
    • Alleenheid en depressie
    • Engele en gebed
    • Stilte en dans
    ... en hoe om ’n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak.

    Aanvanklik lees ’n mens Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy  nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie ’n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit ’n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin – soos vergifnis – vir altyd sal verander.

    Wat jy in BITTERSOET  kan verwag …


    Die boek bring hoop aan almal op die randjie van wanhoop en herinner ons aan God se getrouheid aan elkeen van ons. Natasha het die pad van seerkry EN heelword met moed aangepak en deel alles wat sy geleer het met haar leser. Daarom sal jy eerlike belydenisse kan lees oor die tye wat sy amper-amper nie kon regop bly nie en wat haar vriendinne en doodgewone SMS’e vir haar toe beteken het. Sy bieg oor haar oomblikke van selfbejammering en ook wat dit geneem het om haar uit hierdie put te haal.

    Na alles wat sy aan haar lyf ervaar het as ’n ma, gee sy praktiese advies aan alle ouers wat hulle kinders moet begelei deur die trauma van egskeiding. Natasha het geleer om te gaan hulp vra en gee aan haar lesers die vrae wat sy aan kenners gevra het, en ook die antwoorde wat sy gekry het. Sy is selfs bereid om haar gunsteling kosresepte te deel!

    Natasha Sutherland se essays wys nie die silwer randjies aan die donker wolke uit nie. Sy neem haar lesers saggies aan die hand en stap saam met hulle ’n pad na die God wat sulke wolke toelaat om te bestaan.


    Verraai.
            Verneuk.
                  Verrinneweer.


    Ja, dit was eens op ’n tyd waar van Natasha Sutherland, maar wat nou van haar waar is, is dat sy kon beweeg van

    Gebroke
            na
            Verbind
                        na
                            Verlos


    KLIEK HIER VIR DIE ENGELSE WEERGAWE VAN DIE BOEK - BITTERSWEET


    JOU MANDJIE
    jou mandjie: 0 item(s)

    Items in jou mandjie:

    geen items in jou mandjie

    Totaal: R 0.00

    Lys jou mandjie inhoud

    Finaliseer jou transaksie

    Click Here!
    Click Here!


    Click Here!


    Voorwaardes en Bepalings Privaatheidsbeleid Afleweringsbeleid
    Engineered by[I*]Group.