HOE BESTEL EK BOEKE?
1. Teken in met jou gebruikersnaam en wagwoord by die TEKEN AAN blokkie 2. Kies die produk wat jy verlang en “sit in jou mandjie” 3. Nou kan jy kies of jy “verder wil koop” of jou transaksie wil “Finaliseer” 4. Wanneer jy jou transaksie “Finaliseer”:
- Kies ‘n afleweringsmetode (Bestellings bo R300 word verniet afgelewer)
- Kies jou betaalmetode
- Vul jou adres in asook die afleweringsadres vir die produkte
- So ook die res van jou besonderhede.
- ONTHOU jou e-posadres sodat ons jou bewys van bestelling daarheen kan e-pos!
4.a) INDIEN BETALINGSMETODE: KREDIETKAART
- Maak seker al jou besonderhede is korrek.
- Jou CCV nommer is die laaste drie getalle van die nommer agter op jou kaart (wat bestaan uit 7 nommers).
- Kliek op PLAAS BESTELLING om jou bestelling te finaliseer.
- Vul jou kredietkaart besonderhede in.
4.b) INDIEN BETALINGSMETODE: BANKDEPOSITO/INTERNET-OORPLASING
- Maak seker al jou besonderhede is korrek.
- Kliek op PLAAS BESTELLING om jou bestelling te finaliseer.
- Jy sal die bankbesonderhede onder aan die bladsy vind.
- Faks asseblief bewys van betaling en jou BESTELLINGSNOMMER na (016) 982 3618 of stuur dit per epos na orders@carpediem.co.za
HOEKOM IS DIT BELANGRIK DAT EK MY KORREKTE
E-POSADRES VERSKAF TYDENS REGISTRASIE EN BESTELLINGS?
- Jou gebruikersnaam en wagwoord word na jou e-posadres gestuur.
- ’n Bewys van bestelling word na jou e-posadres gestuur.
HOE LANK HET EK TYD OM TE BETAAL?
Bestellings wat na twee weke nog nie betaal is nie, sal gekanselleer word.
WAARHEEN STUUR EK MY BEWYS VAN BETALING?
Faks asseblief bewys van betaling en jou BESTELLINGSNOMMER na (016) 982 3618 of epos dit na orders@carpediem.co.za
WIE SKAKEL EK OM OP TE VOLG OP ‘n BESTELLING WAT EK GEPLAAS HET?
Tydskrifte word deur RNA Verspreiding gelewer (011) 473 8700; alle ander boeke of produkte word deur On the Dot gelewer.
- Neem asseblief kennis dat die Poskantoor nie meer opspoorbewyse vir pakkies uitstuur nie.
-Laat asseblief ’n week toe vir aflewering voor jy On the Dot skakel vir die opsporingsbesonderhede van jou pakkie.
-On the Dot kan gekontak word deur www.onthedot.co.za, tel (021) 918 8811 of 0861 668 368, of faks by (021) 918 8888
|